Author: Van Wyk, Braam. Van Wyk, Piet. & Van Wyk, Ben-Erik. Title: Fotogids Tot Bome Van Suider-Afrika.
Description: Briza. Pretoria 2011 2nd edition. Printed flexible wraps with fold-ins. 360pp illustrated colour, small 4to 1.0kg. A Fine copy. ISBN: 9781920217051 Suider-Afrika het 'n merkwaardig ryke verskeidenheid bome; hierdie indrukwekkende plante is dominant in verskeie plantegroeitipes, bied skuiling en voedsel aan 'n menigte organismes en is ook van baie groot praktiese waarde vir mense. Hoewel geen twee bome identies in vorm is nie, kan die meeste spesies maklik op grond van subtiele verskille in vertakkingspatroon en loofkenmerke uitgeken word. Die buitelyn van die kroondak bied dikwels die eerste leidraad tot identifikasie van 'n boom. Fotogids tot Bome van Suider-Afrika is van onskatbare waarde as identifikasie en verwysingsgids tot 300 van die meer algemene boomsoorte in die streek, inheems sowel as genaturaliseer. 'n Belangrike doel van die boek is om die kenmerkende groeivorm van die verskillende spesies te illustreer sodat hulle maklik in die veld uitgeken kan word. Hierdie volledig hersiene tweede uitgawe van die boek bied die volgende: Gesaghebbende beskrywings met die klem op die belangrikste kenmerke vir identifikasie in die veld; Meer as 920 uitstekende volkleur foto's wat veral die groeivorm van die verskillende spesies toon, maar ook die blomme, vrugte en bas; Bygewerkte kaarte wat die verspreiding van elke spesie in Suider-Afrika aantoon; Habitatvoorkeur van elke spesie; Gebruike deur die mens, soos byvoorbeeld as voedsel, medisyne, gifstowwe, looistowwe, kleurstowwe, kleding, vesel, handwerk, boumateriaal, brandstof, asook vir tuinbou; Verwysings na soortgelyke en naverwante spesies en hoe hulle onderskei kan word; 'n Reeks simbole wat sekere inligting oor 'n spesifieke boom met een oogopslag aan die leser oordra; 'n Innoverende, maklike identifikasiegids om die aantal spesies waaraan 'n onbekende boom moontlik kan behoort, te verminder; Ten volle geïllustreerde inleidende hoofstukke oor biome en bome, vrugtebome, meubels en handwerk, brandhout, medisinale en giftige bome, bome en diere, argitektuur van bome, identifisering van bome.
Keywords: botany trees south southern africa african dendrology
Price: GBP 22.00 = appr. US$ 31.42 Seller: Fables Bookhop
- Book number: 28654
See more books from our catalog:
Botany